Kruispad Kids
KRUISPAD KIDS
Ons help kinders groei in hulle geloof en om gesonde vriendskappe te vorm. Hulle het baie pret terwyl hulle leer dat:
- God hulle lief het.
- Hulle God kan vertrou, maak nie saak wat nie.
- Hulle ander moet liefhê soos wat Jesus hulle liefhet.
TWEENS
Ons weet om 'n Tween te wees, kan baie ingewikkeld wees. Kinders word so vinnig groot en hulle het 'n plek nodig waar hulle kan leer hoe God hulle sien. Ons doel is om 'n veilige plek te wees waar kinders kan weet hulle maak saak en is deel van God se familie. Om 'n Tween te wees is moeilik, maar dit hoef nie alleen te wees nie.