Herofield is n geregistreerde Artikel 21, nie-winsgewende jeugsentrum, in Tzaneen. Vir ouderdomme 14 tot 21 jaar bied hulle n gesonde veilige omgewing vir jou tieners om saam te kuier asook om meer te ontdek van Jesus en wat dit beteken om Hom te volg.
Elke Vrydagaand is daar n program vir jou tiener van 17:30 - 21:00 waar hulle speletjies speel, saam sing, n boodskap kry en n lekker geroosterde kaasbroodjie eet. Daar is verskeie aktiwiteite beskikbaar vir jou tiener soos die pooltafel, tafeltennis, TikTok challenges, Just Dance op die projektor, volleyball, pluimbal, giant jenga blokke, n groot tyre swing en nog vele meer. Vrywilligers help elke Vrydagaand om seker te maak dat die reëls gevolg word asook dat almal veilig is.
Herofield dien ook in die skole met Bybelperiodes en Jeugberading. Herofield bied tienerkampe aan asook uitreike om die tieners blootstelling te gee en hulle te leer om die mense rondom hulle te dien soos Jesus doen. Herofield gee elke tiener die geleentheid om te groei in n veilige omgewing met die regte waardes waar hulle leer hoe om die alledaagse lewe reg te bestuur.
Vind Herofield oorkant Minitzani Parkie, by 48 Adshade straat, Tzaneen. Vir meer inligting, skakel Magdi Kasselman: 073 430 6837